Jonger Dame

Die mummie in tombe KV35 se vooraansig.

Die Jonger Dame is die informele naam wat gegee is aan ’n mummie wat in 1898 deur die argeoloog Victor Loret in tombe KV35 in die Vallei van die Konings in Egipte ontdek is.[1] Met onlangse DNS-toetse is sy geïdentifiseer as die ma van farao Toetankamen en die dogter van farao Amenhotep III en koningin Tije. Sy word ook KV35YL ("YL" vir Younger Lady) en 61072 genoem,[2] en is tans in die Egiptiese Museum in Kaïro.

Eers is geglo dis dalk die mummie van koningin Nefertiti, wat steeds moontlik is, maar DNS-toetse het dit nie bevestig nie.[3][4]

  1. Reeves, Nicholas. Wilkinson, Richard H. The Complete Valley of the Kings. bl. 100. Thames & Hudson. 1997. (Herdruk) ISBN 0-500-05080-5
  2. Smith, G. Eliot. The Royal Mummies bl. 117 Duckworth Publishers, 2000
  3. Hawass Z; Gad YZ; Ismail S (17 Februarie 2010). "Ancestry and Pathology in King Tutankhamun's Family". JAMA. 303 (7): 638–647. doi:10.1001/jama.2010.121. ISSN 0098-7484.
  4. "King Tut's Family Secrets - National Geographic Magazine". ngm.nationalgeographic.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2018. Besoek op 21 September 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy